Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT REGTE

Studente Regsvereniging 

Die Studente Regsvereniging van Potchefstroom (SRVP)

Die Studente Regsvereniging van Potchefstroom (hierna die SRVP genoem) is ‘n vereniging wat bestaan uit regstudente wat ingeskryf is vir LLB, BA-regte en B.Com-regte grade en wat die ledefondse betaal het soos ooreenkomstig die voorskrifte van die Akademiese Raad. Die vereniging help studente betrokke by die regsfakulteit om sy/haar intellektuele, sosiale en geestelike potensiaal optimaal te benut


Die Visie en Missie van die SRVP

Visie
          Die SRVP is daar om studentelewe in ewewig te waarborg.

Missie

  • Om die waardes in ‘n demokratiese samelewing asook die wêreld perspektief in die area van regstudie te bevorder.
  • Om diensbaar te wees deur bereidwilligheid.
  • Om die belange van die regstudente op alle vlakke van die samelewing te bevorder.
  • Om die beeld van die Fakulteit Regte van die Noordwes Universiteit van Potchefstroom intern sowel as ekstern te bevorder en te bemark.

Doelwitte, werksaamhede en funksies van die SRVP

  • Om die akademiese belange van die regstudente aan die Noordwes Universiteit van Potchefstroom op die hart te dra en te bevorder.
  • Om probleme en voorstelle van die regstudente by vergaderings van die Onderrigkomitee, Fakulteitsraad asook die Akademiese Raad van die Noordwes Universiteit uit te spreek.
  • Om studente van hulp te wees in verband met akademiese en onderrig probleme, beursaansoeke, vakansiewerk en enige probleme wat ondervind mag word, of om studente te verwys na enige persoon wat moontlik van hulp kan wees.
  • Om openbare vergaderings te reël waarby dosente en studente van die Fakulteit Regte asook die SRVP-bestuur teenwoordig is, sodat almal die geleentheid gegun kan word ten einde sy gedagtes kan deel binne ‘n veilige omgewing.
  • Om sosiale aksies vir regstudente te organiseer wat nie nadelig sal wees vir die beeld van die Regsfakulteit of vir die SRVP-bestuur van die Noordwes Universiteit nie.

SRVP  2012/2013

PORTEFEULJE

NAAM

VAN

STUDENTE NOMMER

 

Voorsitter

Elisa

Nunes

22166254

Ondervoorsitter

Relebogile

Phadime

20546394

 

Akademie

Anneriké

Claassen

22714715

 

Sekretaris

Shaun

Harmsé

23492112

 

Finansies

Michelle

Oosthuizen

22730982

 

Eerstejaars en Klerasie

Charmaine

Robbertse

22393684

 

Bemarking en Tegnies

Duan

Craffert

23584610

 

Sosiaal

Christiaan

Wium

22844597

 

Ex Iure en Publikasies

Mathabo

Baase

22160523

 

Skakeling

Katleho

Mokotong

22952608

 

SJGD

Marike

 Swiegers

23605685