Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

Alumni

SKOOL VIR ONDERNEMINGSBESTUUR

Dit is vir die Skool belangrik om kontak te maak en kontak te hou met oudstudente en personeel van die Skool. Die skool is trots om te s dat so oudstudent en kollega van die skool, Dr Johan van Zyl, President en HUB van Toyota SA, benoem is as buitengewone professor in die Skool. Hy dien ook op die Raad van die NWU en kom bied elke jaar vir personeel en studente baie goeie lesings aan en wys in die lesings daarop hoe die teorie in die praktyk werk. Die skool doen 'n beroep op oudstudente om kontak te maak sodat 'n goeie ALUMNI-databasis opgebou kan word. 


SKOOL VIR EKONOMIE

Die Skool vir Ekonomie hou die afgelope ses jaar in Augustus hul sogenoemde Togaweek, waar werkgewers (waaronder Alumni) aan studente verskillende werksgeleenthede bekend stel. Werkgewers soos Rand Aksepbank, die Nasionale Tesourie, ITRISA, Credit Guarantee Insurance Corporation (CGIC) en Vrystaat Mielies is jare al deel van die Togaweek. 
 

 SKOOL VIR MENSEHULPBRONWETENSKAPPE

 Alumni is vir die Skool vir Menshulpbronwetenskappe waardevol, aangesien studente in die vakrigtings 'n verpligte praktiese komponent het, en dit kan alleen plaasvind as daar binne die ondernemings geleentheid gebied word. Alumni wat hul eie sakeondernemings bedryf, aan bestuur staan van ondernemings of vakbonde, neem jaarliks van die afgestudeerde vakkundige studente in diens. Dr Dirk Herman, raadslid van die NWU en adjunkvoorsitter van Solidariteit, is een van die bekende Alumni, wat ook verskeie studente in die vakbond in diens geneem het, waar hulle op verskillende terreine 'n diens lewer.
 

SKOOL VIR REKENINGKUNDIGE WETENSKAPPE

Die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe hou jaarliks 'n alumni-funksie waartydens interessante, relevante en aktuele onderwerpe bespreek word. Kontak Adri Klopper by Adri.Klopper@nwu.ac.za of 018 2991351 in verband met die datum van die volgende funksie.