
POTCHEFSTROOM KAMPUS
Elektroniese Dienste
Oor Ons
In 1954 is die Fisika gebou voltooi en het prof. Pieter Stoker daar begin met navorsing en metings in Antarktika by die SANAE- basis.
Daar was geen elektroniese instrumentasie te koop wat kon meet wat Stoker moes meet en die uiterste toestande op Antarktika kon oorleef nie! Stoker het drie tegnici laat aanstel om toerusting te ontwikkel. Hulle was Ernst (Blikkies) Blignaut, Leon Ehlers en Wim Verhagen.
In 1971 is hierdie drie mense van die Fisika departement na die nuut gestigte departement Elektroniese Dienste (ELD) oorgeplaas, met mnr Wim Verhagen as Hoof, later opgevolg deur dr. Cobus van der Walt en andere.
Mettertyd het die behoefte ontstaan dat Elektronies Dienste ook diverse stelsels soos toegangsbeheer en alarmstelsels installeer en s het ELD geleidelik meer bedryfstake aanvaar.
Tans tree ELD- as ondersteuningsdiens op, sonder om alle bande met die akademie te verbreek.
Alhoewel ELD nie meer toerusting ontwikkel nie, het ons ‘n beperkte vermoë behou om vreemdsoortige stelsels te integreer. Ons is trots en beskerm hierdie vermoë jaloers tot voordeel van die Universiteit.
ELD bestaan tans uit 23 personeellede en staan sy plek vol deur projekte uit verskeie oorde- van konsep tot installasie asook nasorg te hanteer.
1. 1 Departmentshoof se verwelkoming
Welkom by Elektroniese Dienste. My naam is Danie Stoop.
ELD lewer ‘n diens aan elkeen op die Potchefstroom kampus, sonder dat dit werklik besef word. Ons dienste vergesel u - student, dosent of besoeker - vandat u by die motorhekke inry tot waar u gebou beveilig word, u in ‘n lesinglokaal sit, laboratorium werk doen, toegangsbeheer gebruik, in ‘n koshuis woon of van die kafeteria of eetsale gebruik maak, na PUKFM luister of dalk komponente op ‘n etskaart soldeer- wat deur ons verskaf en vervaardig is!
Daarby verhuur ons ook sekere dienste waar ‘n kort-termyn behoefte bestaan.
Ons werk in ‘n baie dinamiese veld waar nuwe tegnologie daagliks verskyn, en soms ook net so vinnig verdwyn!
In so ‘n veranderende wereld is dit juis belangrik om stabiele, werkende stelsels te verseker wat oor ‘n aantal jare, diens kan lewer. ELD vertolk hierdie rol al vir langer-as dertig jaar met sukses.
Ons is ‘n dinamiese span mense wat graag aan die mense rondom ons, se behoeftes aan elektroniese stelsels voldoen, in belang van die Universiteit.
Kontak ons gerus met u behoeftes.
1.2 Missie en Visie
By ELD is ons fokus om die kampus só te dien dat die totale lewensiklus-koste van elektroniese stelsels- so ekonomies as moontlik is en dat die aktiwiteite waarmee ons besig is, die Potchefstroom-kampusplan ondersteun.


