Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT REGTE
Regskliniek

Oor ons

Die Regskliniek is ʼn sentrum van die Fakulteit Regte van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Die Regskliniek is betrokke by etlike projekte wat opleiding, gratis regshulpdienste, gemeenskapsuitreiking en kapasiteitsbouprogramme asook adviesdienste insluit. Die Regskliniek funksioneer in die provinsies Noordwes en Mpumalanga waar hierdie aktiwiteite plaasvind.

Bogenoemde aktiwiteite is gerig op:

Opleiding
Die praktiese regsopleiding binne die LLB-program van die NWU. Kortkursusse vir regslui en parajuriste. Opleiding aan lede van die gemeenskappe binne die gebiede waar die Regskliniek funksioneer.

Regshulpdienste
Die Regskliniek lewer gratis regshulpdienste aan arm en hulpbehoewende mense in die voormelde provinsies.

Kapasiteitsbouprogramme
Hierdie programme help onder andere parajuriste en lede van die gemeenskap om regsvaardighede en kapasiteit te ontwikkel en om hierdie vaardighede te beoefen in die gemeenskappe waarin hulle werk.

Adviesdienste
Die Regskliniek lewer voorts adviesdienste aan lede van die gemeenskap om 'n “regtegebaseerde” gemeenskap te bevorder en om, in plaas daarvan om die reg in eie hande te neem, die reg te gebruik om hulle regte af te dwing.

Binne hierdie aktiwiteite werk die Regskliniek saam met  aantal organisasies soos Regshulp Suid-Afrika, regeringsdepartemente, provinsiale parajuristiese organisasies, verskillende NRO’s en GBO’s om suksesvol te wees en sy doel te bereik.

Hierbenewens ontvang die Regskliniek befondsing van internasionale en nasionale donateurs, soos hierin aangedui, sodat hy in staat kan wees om by hierdie aktiwiteite betrokke te wees. Sonder sodanige befondsing sou dit nie moontlik gewees het nie.

Die Regskliniek wil deur middel van sy aktiwiteite die lewensgehalte van die mense in Noordwes en Mpumalanga verbeter.

Schalk Meyer
(Direkteur: Regskliniek)

Jaarverslag 2012

Mail&Guardian March 2013 - A voice for the mute Getting children justice is not an easy job

Staff 2013