Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE
Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika

Beurse

NWU PUK Merietebeurse
Die Universiteit beskik self ook oor verskeie meriete en ander beurse waarvoor studente aansoek kan doen.
Vir navrae in verband met merietebeurse op Pukkampus kontak gerus die beurse en leningsafdeling (018) 299 2189/ 299 4245/ 299 4388) of besoek die webwerf

Nuweling Akademiese Beurse:
Die beurse word OUTOMATIES aan alle voltydse eerstejaarstudente toegeken wat:

1.  Na Graad 12 vir die eerste keer aan die NWU kampus vir 'n eerste graad inskryf.

2.  'n Gemiddelde persentasie van 70% of hoër gedurende die Graad 12 eindeksamen behaal het.

3.  Die beurs word toegeken op grond van die rekenkundige gemiddeld van die persentasies van die student se ses beste vakke, Lewensoriëntering uitgesluit. 

4.  Die % behaal in nie aangewese vakke word egter met 10% verminder in berekening van meriete beurse. Die punte word nie afgerond nie. 
   •  90% - 110% van klasgeld 
   •  85% - 100% van klasgeld 
   •  80% - 75% van klasgeld 
   •  75% - 40% van klasgeld 

Absa Beurse vir BWI en E, R- en BB studente
•  ABSA Beurs (BWI) program vir meer besonderhede kontak: Mnr Thys Cronje by 018 299 2577
•  ABSA Beursprogram Klik Hier om aansoek te doen