NWU tegnologieoordrag tuisblad

 Welkom by Tegnologieoordrag

 Een woord wat die gees van die Noordwes-Universiteit saamvat, is “innoverend”.

 

Die Noordwes-Universiteit is ʼn toonaangewende universiteit in Afrika. Met ʼn indrukwekkende geskiedenis gedryf deur die strewe na kennis, navorsing en innovasie, en met wortels wat 147 jaar terugdateer, is dit ʼn toonaangewende sentrum van uitnemendheid.

Die gees van die Universiteit word weerspieël in die manier waarop ons die toekoms vir mense ontsluit en hulle in staat stel om hul drome waar te maak.

Innovasie – hetsy evolusionêre innovasie, wat die aaneenlopende of dinamiese innovasie is wat voortgebring word deur inkrementele vooruitgang in tegnologie of prosesse, of revolusionêre innovasie, wat dikwels ontwrigtend is in sy vindingrykheid – is wat die vooruitgang van die mensdom dryf. Dwarsdeur die geskiedenis was universiteite soos die Noordwes-Universiteit fokuspunte van navorsing en wetenskaplike ontwikkeling wat aanleiding gegee het tot ontdekkings wat die mensdom en sy strewes op baie verskillende maniere verryk het. Die NWU het ʼn vyfstergradering vir Innovasie ontvang deur die “QS Global ranking system”.

 


 Prof Refilwe Phaswana-Mafuya, Adjunkvisekanselier: Navorsing & Innovasiesteun

“Die NWU het ʼn uitstekende reputasie vir innovasie, en in ʼn aantal verskillende areas. Ons laat ons lei deur die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) en is besig met verskeie volhoubare projekte. Ons benodig meer deelname van die openbare en privaat sektor, want uiteindelik is ons mensekapitaalontwikkeling in hulle belang. Hulle moet hierdie waardevolle hulpbron ontgin.”

 

 

Met 73 414 studente en ʼn gelukbringer genaamd “Pukki” is die Noordwes-Universiteit (NWU) op 1 Januarie 2004 tot stand gebring deur die samesmelting van drie verskillende hoëronderriginstansies in ʼn multikampusuniversiteit met ʼn voetspoor in twee provinsies. Die Potchefstroom- en Mafikengkampus is in die Noordwesprovinsie en die Vaaldriehoekkampus in Gauteng geleë.

Vandag word die NWU erken as een van die bes bestuurde en innoverendste universiteite in Suid-Afrika. Ons vier multikulturalisme, veeltaligheid en multinasionalisme. Met ʼn buitengewoon groot verskeidenheid studiekeuses op voor- en nagraadse vlak strek die Universiteit se aanbiedings oor ʼn wye spektrum van akademiese dissiplines, van landbou en kuns tot handel, ingenieurswese, onderwys, gesondheid, regte, natuurwetenskappe en teologie.


Dr Janine Chantson, Direkteur: Tegnologieoordrag & Innovasiesteun

Dr Janine Chantson is 'n Geregistreerde Tegnologie Oordrag Spesialis met 'n passie vir die oordrag van kennis en intellektuele bates sodat navorsing 'n impak op die gemeenskap en ekonomie kan hê.  Haar strategiese belange is om navorsing met 'n impak te bevorder , kennis oordrag en kommersialisering te fasiliteer en samewerking met besighede en die industrie te bevorder.

 

 

 

 

 

 


 

 

Innovation Highway Enterprises (Pty) Ltd is a newly created holding company, wholly owned by the North-West University, which

This regional innovation platform will stimulate innovation and economic growth and will truly be a regional player with a pipeline of technologies which would assist inventors and entrepreneurs.

We are excited to share this pre-launch news with you and please be on the look-out for the official launch later this year!