Printer-friendly version
Druk
Share this
 

INTERNASIONALE STUDENTE

Oor Ons

As ’n lewendige deel van die wêreldwye leergemeenskap lok die Universiteit toenemende getalle studente van buite die grense van Suid-Afrika. 

Elke jaar kies honderde internasionale studente om vir hulle meestersgraad-, doktorale of postdoktorale studies te registreer aan die NWU, wat wyd bekend is vir sy hoë standaarde, gees van innovering, doeltreffendheid en gasvryheid.  Ons het ook ’n aansienlike getal voorgraadse studente uit buurlande, veral Botswana.

Studente uit ongeveer 25 lande studeer tans aan die Universiteit – meestal op die Potchefstroom- en Mafikengkampus. Albei kampusse het ’n volledige Internasionale Kantoor, wat daarvoor verantwoordelik is om internasionale studente te help om tuis te voel en sonder probleme met hulle studies voort te gaan.

Die dienste wat deur die NWU se Internasionale Kantore beskikbaar is, sluit in:

Advies en inligting oor toelatingsprosedures, verblyf, toekennings, beurse en studiepermitte.

Eenstop-ondersteuning vanaf die voornemende student se aanvanklike navraag tot met sy of haar aankoms op die kampus. Hierdie steun sluit in bystand met bankdienste, mediese en ander persoonlike steundienste.

Voornemende internasionale studente moet ook daarop let dat die NWU ’n permanente internasionale Kantoor het in Londen, in die Verenigde Koninkryk, wat per telefoon of e-pos bereik kan word.

Internasionale studente wat meer oor die NWU wil weet, kliek asseblief hier