NWU vier jeugmaand

NWU vier jeugmaand

Boodskap van die visekanselier, prof Dan Kgwadi: Jeugdag 2019

Drie-en-veertig jaar gelede het die jeug van Suid-Afrika hul stemme laat hoor – en die verloop van ons geskiedenis verander. Jeugdag is ’n dag waarop ons die rol herdenk en erken wat die jeug in die verlede gespeel het, en hoe hulle belangrike rolspelers bly in die vorming van die ontwikkeling en groei van ons land. Die besluit wat die gebeure van 16 Junie 1976 gekenmerk het, moet vir die jeug van vandag ’n inspirasie wees. Ons rol as ’n universiteit plaas ons in ’n unieke posisie om die energie en ideale van ons jongmense te rig sodat hulle die dromers van vandag en die doeners van môre kan wees.

Wanneer ons ons studente vorm om verantwoordelike burgers, kritiese denkers, innoveerders en voorstanders van maatskaplike geregtigheid te wees, berei ons ons jeug voor om verandering te omhels en ’n impak te maak.

As ’n universiteitsgemeenskap sal ons voortgaan om sosiale inklusiwiteit en samehorigheid aan te moedig en te bevorder, terwyl ons daarna streef om ’n internasionaal-erkende universiteit in Afrika te wees wat vir betrokke vakkundigheid, maatskaplike responsiwiteit en ’n sorgsaamheidsetiek bekend is.

Kom ons bou voort aan ʼn universiteit wat die behoeftes en ideale van ons land nastreef.

Dit begin alles hier!

Wat is belangrik vir jou as 'n jong Suid-Afrikaner?

Wat beteken Jeugdag vir jou?

Nuusstories

Amberley, ’n beskermengel met vier pote

NWU-student neem deel aan die Afrika-liggaamsboukampioenskappe

Wêreld loof NWU-student vir voedselsekerheidsoplossing

NWU is Varsity hokkiekampioen!

Duisende woon NWU se loopbaanskoue by

NWU-opedae: ‘n kans om jou lewensreis te beplan

Toppresteerdertrio deur internasionale vereniging vereer

Nagraadse studente loer agter die skerms van toegepaste mikro-ekonomie

NWU gaan gasheer speel vir eerste gesamentlike BRICSCESS en SASMA-konferensie

Slimfoonspeletjie-slimjan verwerf doktorsgraad

#ThusaNgwanaGeno gee iets terug

Samsung help NWU om potensiaal in mag te omskep

Die Muffineers geniet die soet smaak van entrepreneurskap

NWU gee sy drome vlerke

Applous vir UARM-graduandi

Sonkar se bloed, sweet en trane was die moeite werd!

Beroepshigiëne-studente beïndruk die industrie

'n Storie van hoop