Printer-friendly version
Druk
Share this
 

VDK - Verteenwoordigende Kampusstudenteraad 

Oor ons


Die Verteenwoordigende Kampusstudenteraad speel ’n baie belangrike rol op die kampus aangesien hy die studentegemeenskap verteenwoordig. Die VKSR se doel is om met studente oor demokrasie en leierskap in gesprek te tree.

Die NWU-Vaal bied aan studente ’n buitengewoon bre verskeidenheid studiekeuses op voorgraadse en nagraadse vlak. Ons aanbiedings oorspan die spektrum van akademiese dissiplines, insluitend openbare en sosiaal-maatskaplike dienste, taalpraktyk en kommunikasie, sielkunde, arbeidsverhoudinge, finansiëlediensbedrywe, inligtingstegnologie, bedryfswiskunde, informatika, rekeningkunde, ekonomie, ondernemingsbestuur, bemarking en sportwetenskap.

Waarom die VSR ingestel is
Die Wet op Hoër Onderwys (Wet No. 101 van 1997) stipuleer dat die instelling en samestelling, wyse van verkiesing, ampstermyn, funksies en voorregte van die Verteenwoordigende Studenteraad van ’n openbare hoëronderwysinstelling deur die institusionele statuut bepaal moet word.