Finansiële Steundienste
Finansiële Steundienste is verantwoordelik vir die doeltreffende administrasie van alle beurse en lenings wat deur eksterne belanghebbers verskaf word, asook vir die beurse wat deur die Noordwes-Universiteit (NWU) aangebied word.
Ons streef daarna om aan alle betrokke partye aan die hand van die beleid en prosedures van die NWU kwaliteitdiens te verskaf.
Visie en Missie
- Om finansiële steun aan studente te verskaf.
Kontak ons asseblief oor enige navrae – ons help graag.