Printer-friendly version
Druk
Share this
 

PUK KUNSTE

Verwelkoming

PUK Kunste verwelkom u! Neem gerus ‘n paar minute om deur ons webtuiste te blaai en eerstehands kennis te maak met die legio kunste-aktiwiteite op die Potchefstroom-kampus van die NWU. Ons het ‘n tuiste vir feitlik elke student se unieke talente, en by dit alles beloon ons ook ons voornemende studente met ‘n beurs vir hul kulturele betrokkenheid tydens hul hoërskoolloopbaan. Ons vertrou u sal op hierdie webtuiste vind waarna u soek, of dalk ‘n paar verrassings teëkom! Hoewel dit vir ons heerlik is dat u op ons webtuiste kuier, sal dit besonder aangenaam wees om u op ‘n stadium in lewende lywe op ons pragtige kampus te verwelkom!

Horst Bütow (direkteur: PUK Kunste)