Printer-friendly version
Druk
Share this
 

REKORDBESTUUR EN -ADMINISTRASIE

Oor Ons

Welkom op die webbladsye van die departement Rekordbestuur en -administrasie. Ons departement ondersteun die Institusionele Registrateur in die uitvoering van sy pligte as administratiewe hoof van die organisasie. Dit is ons plig om te verseker dat verskeie administratiewe prosesse (soos hieronder uiteengesit) by die NWU glad verloop en dat leiding en hulp aan kollegas van die Institusionele Kantoor en die onderskeie kampusse verleen word. Ons is ’n ondersteuningsdepartement wat daarna streef om goeie bestuur en uitmuntende bestuursadministrasie te verseker en ons is trots om onder leiding van die Institusionele Registrateur te dien. Bestudeer asseblief ons webbladsye vir meer inligting en kontak ons as u verdere navrae het.

Die missie en visie van die departement Rekordbestuur en -administrasie is om, deur dienslewering van gehalte op ons gebiede van verantwoordelikheid, die NWU by te staan met sy visie om ’n toonaangewende universiteit in Afrika te wees en om tot die nastrewing van kennis en innovasie by te dra. Ons streef daarna om deur middel van ons dienste administratiewe ondersteuning op ho vlak te voorsien om goeie beheer en bestuur by die NWU te verseker.

  

Amanda van der Merwe
Rekordbestuur en Administrasie

2012-02-14