Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT REGTE

Oor Ons

Die Fakulteit Regte handhaaf 'n hoë standaard in onderrig-leer, navorsingsuitsette en gemeenskapsdiens.
Die akademiese personeel van die Fakulteit streef daarna om jong regsgeleerdes met die kennis, etiek en vaardighede wat hulle in hulle professionele lewens sal benodig, toe te rus en ook om die regswetenskap deur hulle navorsing uit te bou.
Prominente nasionale en internasionae bydraes word gelewer onder meer deur die geakkrediteede regstydskrif, PER van die Fakulteit, die sekretariaat van die Omgewingsregvereniging (ELA) en die aanbied van gereelde vakkundige konferensies.
Onder die alumni, ereprofessore en buitengewone professore van die Fakulteit tel verskeie prominente persoonlikhede.
Die Fakulteit handhaaf noue bande met verskillende buitelandse eweknieë.
Die studente van die Fakulteit geniet 'n stimulerende omgewing en 'n verskeidenheid opvoedkundige geleenthede, waaronder deelname aan skynhofkompetisies, uitruilbesoeke en uitruilstudie en deskunde gaslesings. Nagraadse studie bied aan graduandi besondere geleenthede vir spesialisering en verdieping.

Fakulteit Regte
lewer sy eerste
vroueregter op!

Identifisering
deur verifikasie
van vingerafdrukke