
FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE
Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART)
Oor Ons
|
In Suid-Afrika is dit baie duidelik dat kardiovaskulêre siekte 'n brandpunt is wat spesifieke en gefokusde navorsing vereis. Daar is reeds gevestigde navorsingsgroepe in Suid-Afrika wat op die genetiese oorsprong van kardiovaskulêre siekte by swart mense fokus, en sommige groepe verskaf daadwerklik inligting oor bevolkingstatistiek rakende kardiovaskulêre siekte en beroerte. Min kliniese navorsing word egter gedoen oor die funksionele en strukturele vaskulêre veranderinge wat plaasvind wanneer hipertensie ontwikkel. Ons groep besef dat ons 'n betekenisvolle bydrae op hierdie gebied kan lewer deur spesifiek die faktore te bestudeer wat die balans van vasomotoriese regulering versteur, soos biochemiese faktore (vasoaktiewe stowwe, adipokine, inflammasiemerkers), vetsug, strukturele en funksionele veranderings in vaskulêre funksie (intima-media dikte en polsgolfsnelheid), die vlak van verstedeliking, psigologiese stres en die uitwerking van MIV-infeksie op vaskulêre funksie. |


