Sluit ’n vennootskap met die NWU

Sluit ’n vennootskap met die NWU

Die NWU is ten volle tot groei en ontwikkeling in Suid-Afrika verbind. Ons het in hierdie uitdagende tye ons pogings uitgebrei om werkloosheid, armoede en ongelykheid deur onderrig en leer, navorsing en gemeenskapsbetrokkenheidsprogramme te bestry.

Die Universiteit is steeds daartoe verbind om ons trotse rekord te handhaaf om elke jaar duisende nuwe gegradueerdes te lewer: verantwoordelike en betrokke burgers met waardevolle kennis en vaardighede wat gevul is met ons kernwaarde van etiese leierskap, en wat daarvan droom om as dienende leiers innoverend en effektief by hulle nuwe loopbane betrokke te wees.

Deur middel van ons volgehoue program van baanbrekernavorsing, lewer die Universiteit ook deurlopend ’n bydrae in die wêreld. Ons skep waardevolle nuwe kennis en insigte, los dringende uitdagings op innoverende maniere op, en versprei ons insigte deur publikasies in die voorste vaktydskrifte, lisensieer ons intellektuele eiendom, verskaf advies aan plaaslike en nasionale denkleiers, en skakel op ’n deurtastende wyse met gemeenskappe regoor Suid-Afrika en die vasteland.

Die Universiteit werk graag op hierdie gebiede met ons talle belanghebbers, insluitende ons donateurs saam. Ons donateurs ken beurse aan ons studente toe sodat hulle tot hulle volle potensiaal kan groei, en maak ook toekennings wat ons navorsers in staat stel om tot voordeel van ons land en die vasteland te werk. Ons donateurs sluit individue, alumni, families, trusts, stigtings, sakeondernemings en staatsinstellings in, maar wat hulle herkoms ook al is, hulle word almal geliefde vriende van die Universiteit.

Ons doen ’n beroep op julle om saam met ons ’n beter toekoms te bou. Kom ons werk saam om ’n spoedige impak op die wêreld te maak.

     Skenk