Navorsingondersteuning

Uitnodiging om opvolg-opname te voltooi:
Werkonsekerheid in Suid-Afrika en die wêreld

Die NWU se Optentia-navorsingsfokusarea nooi jou graag uit om aan ‘n opvolg-opname vir die navorsingsprojek "Job Insecurity, in South Africa and Globally" deel te neem.

Hierdie studie oor werkonsekerheid in hoër onderwys word tans in 10 lande regoor die wêreld gedoen en jy kan ‘n baie waardevolle bydrae tot die sukses daarvan maak.

Hierdie opname is oop vir alle akademiese en ondersteuningspersoneel van die NWU, en PhD- en nagraadse studente is ook welkom om hieraan deel te neem.

Indien jy aan die eerste opname gedurende die afgelope maand deelgeneem het, sal jy outomaties na ‘n korter opvolg-opname geneem word. Na afloop van die tweede opname sal daar ook ‘n derde en finale opname wees.

As jy al drie opnames voltooi, sal jy ‘n gewaarborgde Woolworths-koopbewys van R100 ontvang, en jy kan ook een van ses kontantpryse ter waarde van R5 000 wen.

Indien jy nie aan die vorige opname deelgeneem het nie, kan jy steeds aan hierdie studie deelneem. Indien jy dus hierdie opname voltooi, staan jy ook ‘n kans om een van ses kontantpryse ter waarde van R5 000 wen.

Klik op hierdie skakel na die opname (of plak dit in jou webblaaier):
http://www.myresearchsurvey.com/jihed2
 
Kontak gerus vir dr Lara Roll by lara.roll@nwu.ac.za indien jy enige verdere navrae het.

Die sperdatum vir hierdie opname is 20 April 2018.
 
Die Werkonsekerheidsprojekspan
Hoofnavorsers: Dr Lara Christina Roll en prof Ian Rothmann