Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE
Instituut vir Psigoterapie en -Voorligting

Oor Ons  

Die Instituut vir Psigoterapie en -Voorligting is gestruktureer om drie funksies te vervul, nl. dienslewering, navorsing en as infrastruktuur waarin M1-studente van vakgroep Psigologie asook intern-sielkundiges praktiese opleiding kan ontvang. Dienslewering geskied derhalwe aan die studentepopulasie met veral verhoudings- en emosionele probleme, maar is nie beperk tot studente kliënte nie.

Lede van die publiek, waaronder ouers en kinders asook volwasse individue, soms selfs oor provinsiale grense.

Die personeel skakel ook met lede van die Studentevoorligtingsdiens en Gesondheidskliniek op kampus.

Die Instituut dien as 'n veilige hawe vir persone wat emosioneel of andersins vasgevang voel en begeer om weer begeester te raak en lewens uitdagings met 'n nuwe ervaring van sinvolheid voort te sit.