
FAKULTEIT INGENIEURSWESE
Voorgraadse studierigtings
|
|
||
|
Goed, as Graad 12 nie reeds iets van die verre verlede is nie, gaan dit binnekort wees. Die toekoms glimlag blink. Partykeer meer vriendelik as ander kere, maar nou-ja. Punt is, jy het keuses om te maak en as ‘n graad in Ingenieurswese een van jou opsies is, is jy PRESIES waar jy moet wees. Ons het reeds al die inligting vir jou reggekry – lees daardeur, neem alles in en voel hoe die opwinding in jou begin brand! Nota: As jy die opgewondenheid in jou maag voel, is Ingenieurswese dalk net die loopbaan vir jou. Indien dit die geval is, stuur vir ons jou aansoekvorm want die Fakulteit Ingenieurswese is waar jy behoort. Vat jou tyd en lees mooi deur al die rigtings wat ons bied: |
||
|
|
|
|
| Chemiese en Mineraalingenieurswese | Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese | Meganiese en Kerningenieurswese |
| Lees meer... | Lees meer... | Lees meer... |
|
|
||
|
Ingenieurs vind maniere om alledaagse dinge beter, vinniger en meer doeltreffend te doen. Hulle maak ons lewens makliker deur beskikbare bronne te optimaliseer en vervaardingingskostes te verminder deur beter prosesse te ontwerp. Hulle is die hedendaagse MacGyvers wat ons lewenskwaliteit dag na dag verbeter. In kort? Ons sou sonder hulle totaal en al verlore gewees het. |
||
|
|
||


