
MAFIKENGKAMPUS
Profiel
Met sy sterk etos van gemeenskapsdiens en kundige mengsel van akademiese en navorsingsprogramme, is die Mafikengkampus ’n toonbeeld van die NWU se verbintenis om plaaslik betrokke, nasionaal relevant en internasionaal erken te wees.
Die Mafikengkampus is in Mafikeng, die hoofstad van die Noordwes-provinsie, gele, en is die tweede grootste van die Universiteit se drie kampusse. Studente uit meer as 20 lande was onder die 8 000 studente wat in 2008 by die vyf fakulteite – Landbou, Wetenskap en Tegnologie; Handel en Administrasie; Opvoedingswetenskappe; Menslike en Sosiale Wetenskappe; en Regte – ingeskryf was. 
Van die akademiese programme wat op die Mafikengkampus aangebied word, is nrens anders in Suid-Afrika beskikbaar nie. Die Sentrum vir Dieregesondheidstudies bied die enigste BSc-graad in Dieregesondheid aan, en die enigste residensile Diploma in Dieregesondheid wat deur die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad vir registrasie erken word. So ook is die NWU deur die Mafikengkampus die enigste universiteit in die land wat geakkrediteerde voorgraadse en nagraadse programme in Inheemse Kennisstelsels (IKS) het.
Deur gemeenskapsbetrokkenheid het die kampus verskeie waardetoevoegende vennootskappe gesluit om die ekonomiese ontwikkeling van die provinsie te bevorder. Huidige vennote sluit Mafikeng se Nywerheidsontwikkelingsone, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, die Departement van Landbou, Bewaring en Omgewingsake, en die Umsobomvu-jeugfonds in. Hierdie vennootskappe ondersteun ’n wye reeks gemeenskapsgebaseerde dienste, van die ontwikkeling en bemagtiging van opkomende beesboere tot gemeenskapsopleiding in menseregte en navorsing oor mineraal- asook beesvleisveredeling.
Op nasionale vlak is ’n belangrike vennootskap di een waarby die Mafikengkampus se Sentrum vir Toegepaste Stralingswetenskap en -tegnologie (STSWT) betrokke is, wat in 1998 as samewerkingsprojek tussen die NWU en groot kernnywerheid-belanghebbers in Suid-Afrika gestig is. Die sentrum het betekenisvolle internasionale aandag ontvang. In 2008 het die Verenigde Nasies se Omvattende Kerntoetsverbod-verdragorganisasie die STSWT besoek en ’n mobiele laboratorium opgerig om radioaktiewe edelgasse te meet – die eerste keer dat soiets in Afrika gebeur. Tydens nog ’n onlangse besoek het vier Russiese wetenskaplikes en ’n Britse kundige van Sheffield Universiteit ’n opleidingswerkswinkel oor die beperking van radioaktiewe afval vir nagraadse studente en personeel aangebied.
Buite die laboratoriums en lesingsale is die Mafikengkampus se studente kultureel en op die sportveld aktief. Die kampus het homself met musiek, koor- en multikulturele drama onderskei, en het ’n florerende sokkerinstituut met goeie hulpbronne, wat help om sokker in die provinsie en die land te ontwikkel. Ander gewilde sportsoorte op die kampus is ju-jitsu, arobiese oefeninge, sagtebal en tafeltennis.



