
MAFIKENG – FAKULTEIT REGTE
Skool vir Nagraadse Studies
Oor ons
Hierdie skool het ’n tweeledige mandaat: eerstens bestuur ons die fakulteit se nagraadse programme, naamlik die generiese Meestersgraad in die Regte, die gespesialiseerde Meestersgraad in die Regte in Arbeids en Sosiale Sekerheidsreg, die Doktorsgraad in die Regte en die Doktorsgraad in Filosofie. Tweedens bevorder ons die navorsingsuitset van die fakulteit deur navorsingstoekennings te verskaf, seminare en konferensies aan te bied en opdragnavorsing en die kommersialisering van kundigheid te kordineer.
Die skool het ten doel om hokwaliteit nagraadse studente te lewer en navorsing te onderneem en materiaal te publiseer oor regskwessies wat vir die Noordwes-Provinsie en Suider-Afrika van besondere belang is.
Die doelwit van die navorsing is om begrip van die regstelsel te bevorder en ook die gehalte van die dienste wat die regsberoep aan die publiek verskaf te verbeter.
Die modules wat in die graadprogramme aangebied word, sluit in Strafregpleging, Vonnisoplegging en die Strafproses, Prosedurele Kwessies in Suider-Afrika, Kollektiewe Arbeidsreg, Familiereg-kwessies, Administratiewe Reg, Internasionale Publiekreg, en Konstitusionele en Menseregte-reg


