
FAKULTEIT VIR LANDBOU, WETENSKAP EN TEGNOLOGIE
Skool vir Landbouwetenskappe
Oor Ons
Die skool bestaan uit drie dissiplines, twee sentrums en die eksperimentele plaas. Die dissiplines is Veekunde, Gewaswetenskap en Landbou-ekonomie en –voorligting.
Die sentrums is die Sentrum vir Dieregesondheidstudies (SDGS) en die Sentrum vir Agribesigheid en Entrepreneursopleiding (SAEO). Die skoolkantoor en die Sentrum vir Agribesigheid en Entrepreneursopleiding is op die Molelwanekampus, sowat 7 kilometer van die hoofkampus af. Die Sentrum vir Dieregesondheidstudies is op die hoofkampus. Die skool het in totaal sowat 69 personeellede.
Die Sentrum vir Agribesigheid behartig hoofsaaklik kortkursusse aan kleinboere, die opleiding van landbouvoorligtingbeamptes, en enige ander kontrakbesigheid soos grondevaluering en uitvoerbaarheidstudies vir hervestiging.
Die hoofnavorsingsdryfkrag in die skool is Dieregesondheid wat as een van die nis en strategiese velde vir die Mafikengkampus beskou word. Die subvelde sluit in veeartsenykundige openbare gesondheid, dierevoeding, molekulre mikrobiologie en toksikologie.


