Oor Ons - Fakulteit van Landbou, Wetenskap en Tegnologie

FAKULTEIT LANDBOU, WETENSKAP EN TEGNOLOGIE - MAFIKENG KAMPUS

Oor Ons

Die Fakulteit Landbou, Wetenskap en Tegnologie (FLWT) bestaan uit drie skole, die Skool vir Landbouwetenskappe (SvLW), die Skool vir Omgewings en Gesondheidswetenskappe (SvOGW) en die Skool vir Wiskundige en Fisiese Wetenskappe (SvWFW).Die fakulteit is ook die tuiste van drie sentrums: die Sentrum vir Dieregesondheidstudies (SDGS), die Sentrum vir Lug en Waternavorsing (SLWN) en die Sentrum vir Toegepaste Stralingswetenskap en tegnologie (STSWT).Hierdie skole en sentrums is oor twee kampusse versprei. Die Fakulteit Landbou, Wetenskap en Tegnologie spog met ’n personeeltal van 64 akademici en 66 ondersteuningpersoneel. Die studenteregistrasie was 2 138 in 2005, 1 983 in 2006, 1 548 in 2007, 1 447 in 2008, 1 509 in 2009 en 1 780 in 2010.