
Biblioteekdienste van die Noordwes-Universiteit
Vaaldriehoekkampus
Internetbeleid
Die Internet-Biblioteekbeleid van die Vaaldriehoekkampus-Biblioteke is onderhewig aan die amptelike NWU-Webbeleid vir die gebruik van die Internet vanaf die Universiteit en deur die Universiteitgemeenskap. Gebruikers wat hulle nie by hierdie beleidsbepalings hou nie, sal die voorreg en geleentheid om van die Internet gebruik te maak, verloor. Die Internetbeleidsdokument spreek die Biblioteek vry van enige verantwoordelikhede rakende die Internet.
- Internettoegang in Inligtingsverskaffingsarea
- Kopiereg
- Berging van inligting
- Toerusting
- Uitdruk van inligting
- Opleiding
Internettoegang in die Inligtingsdienste-area
- Toegang tot die Internetfasiliteite wat deur die Afdeling Inligtingsdienste voorsien word, word beperk tot geregistreerde studente en personeel van die NWU.
- Die gebruik van die Internet in bogenoemde area kan slegs gebruik word vir akademiese doeleindes waardeur onderrig, studie en navorsing aan die NWU.
- Die Biblioteek (Inligtingsdienste) verskaf nie toegang tot elektroniese pos, SMS, interaktiewe gesels en speletjies, besprekingsgroepe, listserv-groepe, FTP of Telnet nie.
Kopiereg
- Baie van die inligting op die Internet word deur kopiereg beskerm.
- Gebruikers moet hulleself op hoogte stel van die kopieregwet en self verantwoordelikheid aanvaar.
- Wanneer inligting aangehaal, op papier uitgedruk word of op 'n skyfie geberg word, is dit die gebruiker se verantwoordelikheid om op die kopieregbepalings wat deur die outeur daargestel is, te let en dit na te kom.
- Enige persoon wat kopieregwetgewing oortree moet besef dat hy/sy vervolg en aangekla kan word.
Berging van inligting
- Kopieregwetgewing moet in ag geneem word wanneer inligting geberg word.
- Gebruikers mag geen inligting op die hardeskyf van die rekenaar berg nie.
Toerusting
- U word versoek om geen pogings aan te wend om tegniese en sagteware probleme self te probeer herstel nie. Indien sulke probleme wel voorkom, raadpleeg die personeel van die Afdeling Inligtingsdienste.
Uitdruk van inligting
- Inligting kan vanaf die Internet uitgedruk word. Wanneer u van laasgenoemde gebruik wil maak, kan u 'n kredietbetaling maak op u studentenommer. Vir meer inligting hieroor, kontak die Leentoonbank by +27 (0)16 910 3170.
Opleiding
- Die inligtingspersoneel verskaf informele opleiding aan Internetgebruikers.
- Vir meer in-diepte en persoonlike opleiding kan 'n afspraak by die Inligtingskantoor +27 (0)16 910 3172 gemaak word.
- Formele opleidingsessies word ook, op afspraak, aan groepe gelewer.
- Die inligtingspersoneel onderneem geen soektogte namens voorgraadse studente op die Internet nie. Nagraadse studente en personeel kan egter met die persoon wat daarvoor aangewys is 'n afspraak maak, waar daar dan in die teenwoordigheid van die gebruiker 'n soektog onderneem word.
Die Internet word nie deur enige persoon of instansie bestuur of beheer nie. Dit verskaf teks en beeldmateriaal wat buite die riglyne val wat deur die Biblioteek se missie en versamelboubeleid daargestel word. Die Biblioteek selekteer en redigeer nie die inhoud van die Internet nie. Enige persoon of instansie kan inligting op die Internet plaas en daarom is van hierdie inligting bevooroordeeld, kontroversieel, foutief, verouderd of beledigend. Neem asseblief kennis dat die Biblioteek geen verantwoordelikheid aanvaar vir die inligting wat u gedurende u soektog op die Internet opspoor nie. Gebruikers word aangeraai om inligting met oordeel en diskresie te evalueer met betrekking tot die bruikbaarheid en betroubaarheid daarvan.


