Lavaria | NWU | Potchefstroomkampus

LaVaria Dames Dorpkoshuis

Fasiliteite

Ingang & Kamer

Potchefstroom bied ʼn unieke studente ervaring aan almal. Dis hier waar jou blyplek bydra tot die gevoel van eenheid, pret en plesier wat die NWU aan hulle studente bied.  Ons studente akkommodasie bied juis dit, sommer loopafstand van kampus af.

Studente akkommodasie bied die volgende voordele:

  • Daar is ʼn inwonende hoof beskikbaar wat toegewyde en persoonlike bestuur van die akkommodasie bied;
  • Woonstelle is geleë ʼn klipgooi van kampus af, sowat 100m vanaf die naaste hek;
  • Goed ontwerpte,  private en nuwerwetse woonstelle wat gedeeltelik gemeubileerd is met ʼn yskas, mikrogolf, stoof, een enkelbed per huurder, ingeboude studeertafel, studeerstoel, ingeboudekaste en ʼn boekrak;
  • Ingesluit is 2 Gig Wi-Fi data per maand per huurder;
  • DSTV punte is beskikbaar in kamers.  Studente word toegelaat om enige geakkrediteerde  verskaffer in Potchefstroom te kontak vir ʼn kwotasie en installasie van die hardeware en sagteware;
  • Klere wasgeriewe is toeganklik;
  • Ontspanningsgeriewe wat geniet kan word op die perseel is pool, tafeltennis, veerpyltjies, TV met DSTV en ʼn ingeboude braai;
  • Daar is aangewese areas vir rokers;
  • Ons studente word veilig gehou deur ʼn Biometriese Toegangsbeheer Sekuriteitsisteem;
  • Veilige parkering vir voertuie;
  • Fiets vriendelike omgewing;
  • Voltydse sekuriteit, ontvangs en toegangsbeheerders is op die perseel;
  • Studente ondersteuning beskikbaar deur voltydse personeel;
  • Daar is krediet- en debietkaart fasiliteite beskikbaar vir u gerief;
  • Skou eenhede is beskikbaar vir besigtiging.

Vir meer inligting besoek en voltooi die vorm:
https://docs.google.com/a/nwupukkiverblyf.co.za/forms/d/e/1FAIpQLScMcSSnYOUxMhPT8fU9Wo_rUMas6l_D5mGUVOMe0jCUbq8p6A/viewform 

 
 
 
 
 
 
 
 

Ander fasiliteite