Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Vrywaring vir e-pos

Hierdie boodskap mag gepriviligeerde/vertroulike inligting bevat:

1.

Stel sender asseblief onmiddellik in kennis indien u of u werkgewer nie tot internet e-pos vir boodskappe/kommunikasie van hierdie aard instem nie.

2.

Hierdie e-pos en enige aanhangsels/byvoegings daartoe is bedoel vir die uitsluitlike gebruik deur die geadresseerde ontvanger(s), mag vertroulike, geheime en/of gepriviligeerde inligting bevat en is die eiendom van die Noordwes-Universiteit (die Universiteit) en/of die afsender. Die Universiteit en/of afsender behou die outeursreg van die inhoud daarvan voor.

3.

Die geadresseerde in hierdie e-pos is die alleen-gemagtigde ontvanger. Indien u nie die geadresseerde is wat in hierdie boodskap aangedui word nie (of nie verantwoordelik is vir aflewering van die boodskap aan die geadresseerde nie), mag u nie die boodskap op enige manier kopieer of aflewer nie. In sodanige geval moet u asseblief die boodskap onverwyld vernietig en die sender by wyse van e-posantwoord verwittig.

4.

Alhoewel alle redelike voorsorg getref is om die boodskap vry van enige skadelike kode, virusse, foute, onderbrekings of interpretasies van enige aard te versend, verskaf die Universiteit en/of afsender geen waarborg hoegenaamd in hierdie verband nie. Gevolglik kan die Universiteit en/of afsender nie aanspreeklik gehou word vir enige skade of verliese wat deur/of as gevolg van enige rekenaar-virusse of andersins, deur die ontvanger gely word nie.