Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Tegnologie ingespan vir dosente-evaluering

Vanderbijlpark  - Gebruikersvriendelik  n innoverend. Dit is hoe personeel en studente, verbonde aan die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie, die gebruik van “clicker”-tegnologie beskryf na 'n onlangse  toetsprojek om die bruikbaarheid en sukses daarvan vas te stel. 

Ten einde die studente n die personeel se insette te kry is daar besluit om die “clicker”-toestelle te gebruik in die dosente-evalueringsproses wat aan die einde van elke akademiese jaar plaasvind. Waar studente in die verlede 'n multikeuse kaart moes voltooi, het hulle nou slegs 'n knoppie gedruk.

Nadat 'n afspraak gerel is met die betrokke dosente en die nodige sagteware op hul rekenaars gelaai is, kon die evalueringsproses begin. Die “clicker”-sagteware word dan met 'n Power Point-voorlegging gentegreer en die nommer van elke antwoordkeuse word met behulp van die “clicker” ingesleutel.

Na afloop van elke evalueringsproses is die resultate, in die verlangde templaat-formaat, verwerk en aan die betrokke dosente deurgegee.

“clicker”-tegnologie
Studente verbonde aan die Fakulteit vir Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie het deelgeneem aan 'n toetsprojek vir die gebruik van “clicker”-tegnologie

 

Gepubliseer deur: Pertunia Thulo
                          018 299 4919