
NWU spog met enigste streekkantoor vir aanvullende onderrig ter wêreld
Institusionele Kantoor - Die NWU het onlangs die eerste en enigste universiteit ter wêreld geword wie se versoek toegestaan is om 'n streekskantoor vir Aanvullende Onderrig (Engels: Supplemental Instruction (SI)) te vestig in ’n land waar daar reeds 'n nasionale SI-kantoor is.
Boonop het me Mariaan Klopper van die NWU se Institusionele Akademiese Steundienste onlangs slegs die derde persoon in Suid-Afrika en een van net 14 in die wêreld geword wat as SI-opleier geakkrediteer is.
SI is ’n hoofstroom akademiese ondersteuningstelsel vir studente in horisikomodules. Die studente ontvang in klein, informele groepe ondersteuning van opgeleide SI-leiers (ook studente) wat reeds die betrokke module suksesvol voltooi het.
“Die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port-Elizabeth is reeds een van ses nasionale SI-kantore ter wêreld, maar omdat die NWU se SI-program reeds so deeglik gevestig is en die Internasionale SI-Sentrum baie opgewonde was oor die werk wat ons hier doen, het die Internasionale Sentrum vir SI ingestem om 'n tweede kantoor in Suid-Afrika te vestig,” s Mariaan.
Die SI-streekskantoor aan die NWU is op 30 Julie 2010 amptelik geopen. Tydens di geleentheid het dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU, en dr Glen Jacobs, Uitvoerende Direkteur van die Internasionale Sentrum vir SI aan die Universiteit van Missouri in Kansas City, Amerika, 'n samewerkingsooreenkoms by die Institusionele Kantoor van die NWU onderteken.
Hoewel die NWU se kantoor bekend staan as 'n streekskantoor, het dit net soveel regte en funksies as die nasionale kantoor in Port-Elizabeth, s Mariaan.
Dr Ngoato Takalo, Uitvoerende Direkteur: Onderrig-Leer en Adjunkhoof, (heel links) saam met dr Glen Jacobs, die Uitvoerende Direkteur van die Internasionale Sentrum vir SI (middel) en dr Theuns Eloff, Visekanselier, tydens die ondertekening van die samewerkingsooreenkoms en opening van die NWU se SI-streekkantoor
Gepubliseer deur: Pertunia Thulo
018 299 4919


