
NWU en stadsraad besoek Spanje
Potchefstroom - Tydens die tweede helfte van Januarie 2010 het ’n afvaardiging van Potchefstroom die hoofstad van Spanje, Madrid, besoek om ’n paar sake af te handel nadat Spanje bevestig het dat hulle tydens die Wreldbeker sokkertoernooi hulle tuisbasis in Potchefstroom gaan h.
Die afvaardiging het bestaan uit vier lede van die stadsraad en twee van die Noordwes-Universiteit. Die stadsraad het onder andere die burgemeester, mnr. Maphetle Maphetle, gestuur. Die NWU se afvaardiging het bestaan uit prof. Annette Combrink, wat nou verkies is as die voorsitter van die plaaslike relingskomitee (LOC: Local Organizing Committee) en mnr. James Botha, van die NWU se regskantoor.
Die groep het deelgeneem aan die toerismeskou, Fitur, in Madrid, waartydens geriewe in Potchefstroom bekendgestel is, en die stadsraad het met ’n stad buite Madrid, Rojas, gesels oor ’n samewerkingsooreenkoms (“twinning”).
Fasiliteite van die Spaanse sokkerfederasie is besoek sodat die NWU hom kon vergewis van die standaard van die geriewe, aangesien die universiteit tans in die finale fase is met die inrig van verblyf- en oefengeriewe vir die Spaanse span, sowel as geriewe vir die pers (’n groot afvaardiging) en families.
Die hele Sports Village word beset deur sowat tagtig mense waaronder spelers, afrigters, organiseerders, fisioterapeute, masseurs, dieetkundiges, ens. sal wees.
Combrink s dit was verblydend om vas te stel dat die standaard van die geriewe in Potchefstroom inderdaad hoog is – en dit is ook bevestig deur die Spaanse afvaardiging wat op 29 en 30 Januarie die universiteit besoek het om die vordering met die geriewe te moniteer.
Sy s hulle was uiters tevrede en bendruk. Die enigste uitstaande saak, wat tans baie ernstige aandag kry, is die verlenging van die aanloopbaan by die lughawe. Die bestuur van die Spaanse span wil nie graag die paaie na Potchefstroom gebruik nie en wil graag na afloop van wedstryde die span so vinnig moontlik weer in Potchefstroom terugkry. Die vooruitsigte lyk goed om die lughawe op te gradeer met die samewerking van veral ’n vennoot uit die privaatsektor.

Prof Annette Combrink, voorsitter van die plaaslike relingskomitee, by die stalletjie by die toerismeskou, Fitur, in Madrid, Spanje


