Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Noordwes-Universiteit ondersteun 2011-Comrades-atlete

Institusionele Kantoor  - Die Noordwes-Universiteit (NWU) is deurlopend besig met ? doelbewuste poging om die NWU-handelsmerk uit te bou en om die instelling te posisioneer as ? diverse en innoverende universiteit met ? wen-sportkultuur.

Vir die tweede agtereenvolgende jaar het die NWU hierdie wedloop met sy 18 000 deelnemers geïdentifiseer as ? ideale platform en geleentheid om ons handelsmerk ten toon te stel en tegelykertyd die Universiteit se sportkultuur te posisioneer.

As deel van ons volgehoue pogings om die handelsmerk uit te bou, borg die Institusionele Departement Korporatiewe Sake en Verhoudinge, alle kwalifiserende NWU-personeellede en lede van die Noordwes-Universiteitsklub wat aan die 2011-Comrades-marathon deelneem. Die borgskap behels dat alle NWU-deelnemers aan die Comrades ? promosiegeskenkpak gaan ontvang en op die roete deur ? trotse en aanmoedigende NWU-span ondersteun gaan word.

Die 14 atlete het elkeen die volgende ontvang: ? NWU-sweetpak, -sportsak, -pet, gholfhemp en -“borgwapen” wat aan hulle hemde aangebring is.  Hierdie, tesame met kleiner promosie-items is deur die visekanselier, dr Theuns Eloff, aan die atlete oorhandig tydens 'n funksie gehou by die NWU Puk Sports Village op 23 Mei 2011.

Die atlete het saam al 86 Comrades-wedlope voltooi en een van hulle hardloop vanjaar sy 22ste Comrades.  Vir twee atlete is dit egter ook hulle eerste Comrades.

Behalwe vir die bogenoemde borgskap sal daar ook ? NWU-ondersteunerstasie op die roete in die omgewing van Camperdown wees. Op hierdie plek sal die ondersteuningspan morele en logistiese steun verskaf.

Uitgereik deur Louis Jacobs, Direkteur: Korporatiewe Kommunikasie, Institusionele Kantoor, Noordwes-Universiteit

Navrae:    Louis Jacobs, Direkteur Korporatiewe Kommunikasie, Institusionele Kantoor, Noordwes-Universiteit
                (018) 299 4918 / 082 901 6435

Datum:     24 Mei 2011

Comrades 2011.resized

Dr Theuns Eloff, visekanselier van die NWU (links) oorhandig 'n geborgde sportsak aan mnr Clifford Wallace.  Clifford het reeds 21 wedlope suksesvol voltooi.

Gepubliseer deur: Marelize Santana