Printer-friendly version
Druk
Share this
 

NOORDWES-UNIVERSITEIT (NWU) MENSEREGTEDAGVIERINGE

Institusionele Kantoor  - Die Noordwes-Universiteit het Menseregtedag gevier deur in samewerking met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ? werkswinkel aan te bied met die tema “Ras in Suid-Afrika sedert 1994”.

Dit het op 18 Maart 2011 by die Institusionele Kantoor in Potchefstroom plaasgevind.

Die hoofsprekers het verskillende fasette van die tema belig. Me Lucy Holborn van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het gepraat oor The long shadow of apartheid: race in South Africa since 1994, terwyl dr Kgamadi Kometsi van die SAMRK ? aanbieding gemaak het oor Fighting racism and related intolerance: the national action plan and South Africa. Prof Melvin Mbao, die Dekaan van die Fakulteit Regte op die Mafikengkampus het gepraat oor Equality under the Constitution, waarna die vloer geopen is vir vrae en besprekings oor die sleutelonderwerpe.

Afgevaardigdes van die hele NWU-gemeenskap, naamlik die Mafikeng-, Potchefstroom- en Vaaldriehoekkampus sowel as die Institusionele Kantoor het die geleentheid bygewoon. Ter wille van diversiteit is afgevaardigdes van staatsdepartemente sowel as verskillende belangegroepe van die breër gemeenskap ook uitgenooi.

Uitgereik deur mnr Louis Jacobs, Direkteur: Korporatiewe Kommunikasie, Institusionele Kantoor, Noordwes-Universiteit.

Navrae: Prof Madoda Zibi, Direkteur: Diversiteit, Gelykheid en Menseregte, Institusionele Kantoor
             Noordwes Universiteit
             018 299 4220 / 083 628 6181

Datum: 23 Maart 2011

FINAL HRD

Van links is: Prof Christo van Wyk, Voorsitter: NWU Institusionele Forum; prof Madoda Zibi, Institusionele Direkteur: Diversiteit, Gelykheid en Menseregte; dr Kgamadi Kometsi, Nasionale Koördineerder: Rassisme en Niediskriminasie, Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK); me Lucy Holborn, Navorsing en outeur: SAMRK; mnr Andrew Petlele, SAMRK; mnr Kleinbooi Matsetele, SAMRK; advokaat Solly Sithole, Voorsitter: NWU Menseregtekommissie, prof Melvin Mbao, Dekaan: Fakulteit Regte, Mafikengkampus

 

 

 

Gepubliseer deur: Pertunia Thulo