Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Nasionale Persklub – Noordwes-Universiteit se Joernalis van die Jaar-toekenning

Institusionele Kantoor  - Die Nasionale Persklub – Noordwes-Universiteit se Joernalis van die Jaar 2010 is Graeme Hosken van die Pretoria News. Die toekenning is gemaak by die jaarlikse Nasionale Persklub – Aon Suid-Afrika Nuusmaker van die Jaar-funksie op 14 Maart 2011.

Volgens die Voorsitter van die Nasionale Persklub, Yusuf Abramjee, is die toekennings daarop gemik om uitnemende joernalistiek en kommunikasie te bevorder en uitnemendheid te beloon.

Die wenners in die ander kategorieë was Graeme Hosken, Mogomotsi Magome en Patrick Hlahla van die Pretoria News in die gedrukte nuus-kategorie vir hul artikels 'City tender can of worms' en 'Tshwane Metro Police'. Herman Scholtz van Rapport is ook in hierdie kategorie vermeld vir ‘Ou vleis herverpak’.

Graeme Hosken van die Pretoria News het die gedrukte hoofartikels-kategorie gewen vir sy verslagdoening oor die aardbewing in Haiti, Masi Losi van Pretoria het die fotografie-kategorie gewen, en Mandy Wiener van Eyewitness News het die radio-kategorie gewen vir ‘Lolly Jackson’.

Melini Moses van SAfm was die wenner in die radio-indiepte-program-kategorie vir ‘Out of pocket' en Mandy Wiener van Eyewitness News is in hierdie kategorie vermeld vir haar insetsel ‘Rent a child’.

Joy Summers en Bernadette Cook van Carte Blanche is die gesamentlike wenners in die elektroniese media – televisie indringende insetsel-kategorie vir ‘Acid mine drainage’ en ‘Rhinos’ onderskeidelik. Julie-Anne Reid van Carte Blanche is in hierdie kategorie vermeld vir ‘Witbank hospital horror’.

Mia Willemse van eNuus is die wenner in die TV-nuus-kategorie vir ‘Renoster’ en ‘Danville’ en Taurai Maduna van Eyewitness News in die elektroniese media – aanlyn-kategorie vir ‘Jub Jub protests’.

Dr Barbara Jensen van die Gautrein is aangewys as Mediaskakelbeampte van die Jaar. Lede van die Nasionale Persklub het hul gunsteling-mediaskakelbeamptes genomineer, waarna die uitvoerende komitee die wenner in hierdie kategorie gekies het. Volgens Abramjee het dr Jensen gewen omdat sy altyd beskikbaar is vir mediakommentaar en baie behulpsaam is. “Ons het gesoek na iemand met uitstaande kommunikasievaardighede, toeganklikheid, hulpvaardigheid en dies meer.”

Ferial Haffajee van City Press is aangewys as 2010 se Redakteur van die Jaar. Lede van die Nasionale Persklub het hul gunstelingredakteur genomineer, waarna die uitvoerende komitee die wenner in hierdie kategorie gekies het. Sy het ? toekenning ontvang vir haar onwrikbare standpunt oor uitnemendheid. “Haar invloedryke stem word orals gehoor – op amptelike platforms soos SANEF, maar ook op Twitter. Sy gee ? stem aan vroue, in haar koerant sowel as op ander platforms, en is ? betroubare ontleder van die stand van die nasie,” het Abramjee gesê.

Die inskrywings is beoordeel deur ? paneel onafhanklike kundiges en akademici.

Cornia Pretorius is ? senior lektor in joernalistiek aan die Skool vir Kommunikasiestudies,  Noordwes-Universiteit. Sy was voorheen mederedakteur, onderwys by die Mail & Guardian en redakteur van The Teacher. In 2004 het sy Unitech se Hoëronderwys-joernalistiektoekenning ontvang, in 2003 die Vereniging vir die Ontwikkeling van Onderwys in Afrika-toekenning vir onderwysjoernalistiek in Afrika, en in 1987 en 1988 die Sanlam/British Council-toekenning vir onderwysjoernalistiek.

Gilbert Mokwatedi het 15 jaar ervaring in radiojoernalistiek, joernalistiekopleiding – spesialiseer in radionuus en aktuele sake – mediaverhoudinge en korporatiewe kommunikasie. Hy het al vir media-organisasies soos die Suid-Afrikaanse Persvereniging en die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie gewerk.

Peter Morey bedryf reeds die afgelope 16 jaar sy eie fotografieateljee ná verskeie jare as fotograaf by die Pretoria News. Hy was die amptelike fotograaf by die inhuldiging van oudpresident Nelson Mandela én Thabo Mbeki.

Marion Scher is ? bekroonde vryskutjoernalis, wat skryf vir verskeie van Suid-Afrika se groot verbruikersorganisasies, inhuispublikasies sowel as openbarebetrekkinge-maatskappye en die korporatiewe wêreld. Sy gee opleiding by die Print Media Association of South Africa en by 702 Talk Radio.

Volgens Theuns Eloff, Visekanselier van die Noordwes-Universiteit, het die Universiteit ? lang wetenskaplike verbintenis met joernalistiek. “Om uiting te gee aan die NWU se verbintenis tot die onontbeerlikheid van ? onafhanklike media in Suid-Afrika kondig ek graag ons voortgesette borgskap vir ? toekomstige prys vir “Redakteur van die Jaar" aan. Ek hoop dit sal die media as geheel aanmoedig om die hoë standaarde van etiese joernalistiek, die strewe na die waarheid in die openbare belang en toepaslike toerekenbaarheid te handhaaf.  Die NWU ondersteun u ten volle in hierdie edele poging.”

Abramjee het die versekering gegee dat die Persklub sal voortgaan om uitnemendheid in die joernalistiek te beloon. “Ons moet aanhou om die standaard te verhoog,” het hy gesê.

Die Nasionale Persklub – Noordwes-Universiteit se Joernalis van die Jaar het ? kontantprys van R10 000 gewen en die wenners in die onderskeie kategorieë het kontantpryse van R5 000 elke ontvang, geborg deur die Noordwes-Universiteit. Die Redakteur van die Jaar het ? luukse naweek-wegbreek ontvang.

Abramjee het die Noordwes-Universiteit vir die borgskap bedank. “Ons is verheug om die Universiteit as ? vennoot te hê; dit getuig weereens van hul verbintenis om uitnemendheid te beloon.”

Navrae:    Martin van Niekerk
                Sekretariaat: Nasionale Persklub
                Tel. 012 804 5199 / 083 447 4864

Datum:    14 Maart 2011

 *Lees die volle motivering vir Redakteur van die Jaar en Mediaskakelbeampte van die Jaar op www.nationalpressclub.co.za
 

final Theuns

Dr Theuns Eloff, Visekanselier, spreek die gehoor toe tydens die Nasionale Persklub - Noordwes-Universiteit se Joernalis van die Jaar-toekenningsfunksie

 

 

 

Gepubliseer deur: Pertunia Thulo