Printer-friendly version
Druk
Share this
 

NOORDWES-UNIVERSITEIT SE MENSEREGTEDAGVIERINGE

Institusionele Kantoor – Regter Raymond Zondo, Regter-President: Arbeidshof en Arbeidsappèlhof, het die tema "Jou regte by die werkplek" verken by ? werkwinkel gehou by die Noordwes-Universiteit ter viering van Menseregtedag 2010.

Regter Zondo het onderwerpe soos diversiteit, respek, integriteit, verbintenis, verantwoordelikheid en toleransie in die werkplek aangeraak.

Die werkwinkel is op 24 Maart 2010 by die Institusionele Kantoor in Potchefstroom gehou. Dit het bestaan uit die aanbieding deur Regter Zondo waarna die vloer geopen is vir vrae en besprekings oor die sleutelonderwerpe.

Afgevaardigdes van die hele NWU-gemeenskap, naamlik die Mafikeng-, Potchefstroom- en Vaaldriehoekkampus en die Institusionele Kantoor, het die geleentheid bygewoon. Om ? meer diverse groep te skep, is afgevaardigdes van staatsdepartement asook verskillende belanghebbendes van die gemeenskap uitgenooi.

Uitgereik deur Korporatiewe Sake en Verhoudinge.


Navrae: Anton Scheppel, Bestuurder: Arbeidsverhoudinge Institusionele Kantoor
               Noordwes-Universiteit
               018 299 4816
               083 308 9995

Datum: 24 Maart 2010