Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Eredoktorsgraad in die Regte aan die Visekanselier van die Noordwes-Universiteit toegeken

Institusionele Kantoor – Dr Theuns Eloff, Visekanselier van die Noordwes-Universiteit, het op Woensdag 19 November 2008 ’n eredoktorsgraad in die Regte van die London South Bank University ontvang.

Hierdie Universiteit ken elke jaar eregrade en fellowships aan individue toe wat ’n unieke en buitengewone bydrae in hulle veld gelewer het. Eregrade word normaalweg toegeken aan individue wat ’n bydrae op ’n nasionale en/of internasionale gebied gemaak het.

Die Visekanselier van die London South Bank University, Professor Deian Hopkin, het tydens die seremonie opgemerk dat die transformasie van Suid-Afrika van ’n apartheidstaat na ’n moderne demokrasie een van die merkwaardigste episodes van die moderne politieke geskiedenis is, en dat dr Eloff deel was van hierdie proses.

Dr Eloff is lankal deel van die transformasie van die huidige Suid-Afrika en is ook ’n gesiene opvoedkundige en ’n ambassadeur vir multikulturalisme. Hy het grade in die Regte en Teologie en het ’n doktorsgraad verwerf deur die reg en rasseklassifikasie, die hoogs kontroversile basis van apartheid, te ondersoek. Sedert sy dae as ’n studenteleier is hy reeds aktief betrokke by die propagering van transformasie en hy was in 1977 ’n mede-opsteller van die Koinoniaverklaring teen apartheid.

Hy was ook deel van die afvaardiging wat die ANC by Dakar ontmoet het. Hy was daarna as Hoofadministrateur van die Veelparty-onderhandelingsproses en KODESA direk betrokke by die bevordering en beplanning van die Vredesproses, wat in 1991 tot die Nasionale Vredesverdrag en die einde van apartheid gelei het.

In die laat 1990’s het dr Eloff as Hoof Uitvoerende Beampte van die Nasionale Besigheidsinisiatief erkenning vir sy kritieke rol in die vredesproses ontvang toe hy deur die World Economic Forum as een van 100 “Wreldleiers van die Toekoms” ("Global Leaders for Tomorrow") benoem is. Hy is ook benoem as die Harvard Business Club Statesman of the Year en het die Junior Chamber International Award as een van die “Tien uitmuntende jongmense van die wreld” verwerf.

Hy is in 2004 as Visekanselier van die pas-saamgesmelte Noordwes-Universiteit aangestel en is ook voorsitter van Hor Onderwys Suid-Afrika en ondervoorsitter van die Association of Commonwealth Universities.

Dr Eloff is by verskeie geleenthede as ’n visionre administrateur en deeglike bestuurder beskryf, en die toekenning van hierdie eredoktorsgraad beklemtoon weer die rol wat hy speel, nie net met die posisionering van die Noordwes-Universiteit as vooraanstaande universiteit nie, maar ook met sy visie vir hor onderwys as geheel.

Professor Hopkin het afgesluit deur te s dat dr Eloff hierdie eredoktorsgraad ontvang het as gevolg van sy moed, toewyding en groot prestasie in die bewerking van demokratiese vooruitgang in Suid-Afrika, sy betrokkenheid by wreldwye opvoeding en maatskaplike transformasie, en sy bydrae tot die vennootskap met die London South Bank University en sy waardes.

Navrae:
Louis Jacobs, Direkteur Korporatiewe Kommunikasie, Institusionele Kantoor Korporatiewe Sake en Verhoudinge
Noordwes-Universiteit
(018) 299 4918 / 082 901 6435

Datum:
21 November 2008

 
Dr Theuns Eloff word gelukgewens deur Sir Trevor McDonald, Kanselier van die London South Bank University.