
NWU beloon sy topdosente
POTCHEFSTROOM – Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tydens 'n onlangse galadinee twee historiese mylpale bereik toe vyf dosente van die Mafikengkampus vir die eerste keer ooit Institusionele Toekennings vir Onderriguitnemendheid (ITOU) ontvang het, en twee dosente van die Potchefstroomkampus spesiale erkenning gekry het vir uitnemendheid in kreatiewe werk.
Mnr Ian Marley, ’n dosent en kunstenaar van die Skool vir Kommunikasiestudies en dr Franci Greyling, ʼn dosent en skrywer verbonde aan die Skool vir Tale, beide van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, was die ontvangers van die nuut ingestelde toekenning vir artistieke of kreatiewe uitsette wat deur die Potchefstroomkampus genisieer is.
Nog drie personeellede het die toekennings vir die beste dosente op die onderskeie kampusse ontvang. Hulle was: dr Helen Drummond van die Fakulteit Landbou, Wetenskap en Tegnologie op die Mafikengkampus, me Betty Breed van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe op die Potchefstroomkampus en dr Werner Nell van die Skool vir Gedragswetenskappe op die Vaaldriehoekkampus.
Daarbenewens het 29 dosente op die Potchefstroomkampus en vyf op die Vaaldriehoekkampus institusionele onderrig-leertoekennings ontvang. Tien van hierdie toekennings is gemaak in die kategorie Institusionele Prestigetoekennings vir Onderriguitnemendheid waar deelnemers 80% of meer behaal het, 19 is gemaak in die kategorie Institusionele Toekenning vir Onderriguitnemendheid vir ? punt van tussen 75% en 79%, en tien in die kategorie Ontwikkelingsprogram vir Onderriguitnemendheid, vir ? punt van tussen 70% en 74%.
Dr Ngoato Takalo, Adjunkhoof van die NWU en Uitvoerende Direkteur: Onderrig-Leer, het ges ITOU is daarop gemik om akademiese personeellede wat betrokke is by kontakonderrig aan die NWU aan te moedig om hul onderrigvaardighede te ontwikkel.
Evalueringspanele, bestaande uit ? lid van die betrokke fakulteit se onderrig/kurrikulumkomitee, ? senior vakkundige, asook ? lid van die kampus se eenheid vir akademiese ontwikkeling en ondersteuning, het die ITOU-deelnemers aan eweknie-beoordeling onderwerp. Die ITOU-kriteria sluit ? evaluering van innovasie en uitnemendheid in kontaksessies, studente-terugvoer, asook ? evaluering van die lektor se portefeulje in.
Die stimulering van innovasie en die aanwending van tegnologie in onderrig-leer is ook in berekening gebring as deel van die kriteria.
Die eerste institusionele onderrig-leertoekennings sedert die totstandkoming van die NWU in 2004 is in 2007 gemaak, aan ITOU 2006 deelnemers van die Potchefstroom- en Vaaldriehoekkampusse.

Dr Ngoato Takalo, NWU-Adjunkhoof en Uitvoerende Direkteur: Onderrig-Leer, (Voor, tweede van regs) en lede van die Mafikengkampusbestuur wens die ITOU-wenners van die Mafikengkampus geluk. Agter van links: Prof Philip Iya, Direkteur: Skool vir Voorgraadse Studies - Regte, me Vuyo Wayi, (pryswenner), dr Mogege Mosimege, Viserektor: Akademie, Mafikengkampus, me Karen Visser, (pryswenner) en prof Reinford Khumalo, Dekaan: Fakulteit Handel en Administrasie, en prof Sevid Mashego, Viserektor: Kwaliteit en Beplanning. Voor van links: Dr Helen Drummond, (pryswenner en beste dosent), dr Nthi Mokoena, Direkteur van die Akademiese Ontwikkelingsentrum, me Thoko Magodielo, (pryswenner), dr Masabata Ranko-Ramaili, Senior Akademiese Ontwikkelingsbeampte,. Afwesig: Dr Kulasiri Perera, (pryswenner).

Mnr Ian Marley (tweede van links) van die Skool vir Kommunikasiestudies en dr Franci Greyling (derde van links) van die Skool vir Tale, beide van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, Potchefstroomkampus, het onlangs tydens ? glansgeleentheid ? toekenning vir kreatiewe uitsette ontvang. Kollegas van die Potchefstroomkampus wat die geleentheid saam met hulle vier, is van links: Prof Paul Schutte, Direkteur: Skool vir Kommunikasiestudies, prof Jan Swanepoel, Dekaan: Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, prof Annette Combrink, Rektor, en prof Mariëtte Lowes, Viserektor: Akademie

Teenwoordig by die ITOU-glansgeleentheid was, in die voorste ry van links: Dr Estelle van Hamburg, Akademiese Ontwikkeling en Ondersteuning (Potchefstroomkampus), prof Mariëtte Lowes, Viserektor: Akademie, Potchefstroomkampus, dr Ngoato Takalo, NWU-Adjunkhoof en Uitvoerende Direkteur: Onderrig-Leer, en prof Annette Combrink, Rektor: Potchefstroomkampus. Agter is van links: Prof Susan Coetzee-Van Rooy, Institusionele Direkteur: Akademiese Ontwikkeling en Ondersteuning, mnr Pierre Volschenk, Akademiese Ondersteuningsdienste, Potchefstroomkampus, proff Japie Spoelstra en Gunther Drevin, albei pryswenners van die Fakulteit Natuurwetenskappe, Potchefstroomkampus, en prof Kobus Pienaar, Dekaan: Fakulteit Natuurwetenskappe, Potchefstroomkampus.
Navrae:
Prof Susan Coetzee-van Rooy
Institusionele Direkteur: Akademiese Ontwikkeling en Ondersteuning
Tel. (018) 299 2720
Me Phumzile Mmope, NWU Institusionele Kantor
Uitvoerende Direkteur: Korporatiewe Sake en Verhoudinge
(018) 299 4931 / 073 2189691
Datum: 13 Maart 2008


