hpi Oor Ons

HOë PRESTASIE INSTITUUT VIR SPORT- Potchefstroomkampus

Oor ons

 

 

 

Wie is ons?

Die HPI is ’n internasionaal-erkende multifunksionele en multidissiplinêre fasiliteit wat beter beskryf kan word as ’n “eenstop”-plek vir elite, hoëprestasie-atlete, asook vir sportontwikkeling. Potchefstroom het as gevolg van die uitstekende oefengeriewe, die hoogte bo seespieël, sportmediese en sportwetenskapdienste, asook ons gasvryheid en goeie weer die voorkeur-oefenplek geword vir talle internasionale, nasionale en plaaslike sportspanne en individue.

 

Waar is ons geleë?

Die ENB Hoëprestasie-instituut vir Sport (HPI) is op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, op die hoek van Meyer- en Thabo Mbekistraat, langs die Skool vir Musiek geleë. KLIEK HIER

 
   
   

Opgedateer deur: Tebogo Motlogelwa