Hoe om aanlyn aansoek te doen - Honneurs en Nagraads

 

Hoe om aanlyn aansoek te doen: Honneurs en nagraadse diplomas

 

Teken aan (stap-vir-stap)

Stap 1: Kry 'n studentenommer (begin by stap 2 indien jy reeds een het)

  • Gaan na die platform vir aanlyn aanoeke
  • Klik op Verander taal
  • Kies Afrikaans en verander
  • Klik op  Nuwe aansoek
  • Klik op Skep nuwe studentenommer en voltooi al die velde


Let wel: Die toekenning van ʼn studentenommer beteken nie dat die aansoekproses voltooi is nie. Gaan asseblief deur al die onderstaande stappe om te verseker dat u aansoek voltooi is en dat dit ons bereik. Onvolledige aansoeke sal nie deur die Universiteit verwerk word nie.
 

Stap 2: Teken in

Wanneer jy jou studentenommer kry, gebruik dit saam met die PIN wat jy self geskep het om in te teken.

 

Stap 3: Wat wil jy studeer?

Voltooi al die velde. Gebruik die "Jaarboekskakel" om meer inligting te kry oor die kwalifikasies, afleweringsmodusse en kurrikulums. Jy kan ook die inligting in die onderstaande jaarboeke kry:


Stap 4: Oplaai van stawende dokumentasie

Om u aansoek te oorweeg, laai asb. die volgende stawende dokumentasie op: 

  • Getekende onderneming
  • ʼn Afskrif van tersaaklike uitslae en vorige kwalifikasies 
  • Afskrif van jou ID
  • Bewys van betaling van aansoekfooi (R150)
  • Addisionele dokumentasie vir  internasionale voornemende studente:
    • ʼn Afskrif van tersaaklike uitslae en vorige kwalifikasies 
    • ʼn Afskrif van jou paspoort
    • Bewys van betaling van aansoekfooi (R550) 


Stap 5: Dien aansoek in

Maak seker dat jy die "Dien aansoek in" -knoppie druk as jy klaar is, om seker te maak dat ons jou aansoek ontvang.

Betaalbare gelde

  • Die aansoekfooi is R150 (R550 vir internasionale studente)
  • Daar is ʼn akkommodasie-deposito van R500 betaalbaar by koshuisaansoeke

 

Bankbesonderhede:

  • ABSA-rekeningnommer: 409 169 1369
  • Rekeningnaam: NW University Online Registration
  • Takkode en -naam: 632 005, Tomstraat
  • Verwysing: Studentenommer

 

Kontakbesonderhede vir hulp/inligting

018 299 4383/4130/4263/2445
018 285 2227/2334
applicationsug@nwu.ac.za