Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FINANSIËLE ADMINSTRASIE:  INKOMSTE

Bedrae Betaalbaar 

AANSOEKGELDE 

Aansoekgelde ten bedrae van R150 moet u aansoek om toelating tot die Universiteit vergesel. Aansoekvorms is hier beskikbaar.

Vir meer inligting rondom akademiese vereistes, ens. klik hier .

LOSIESDEPOSITO 

Indien 'n student wil aansoek doen om toelating tot 'n Universiteitskoshuis, is 'n bedrag van R500 as losiesdeposito ook betaalbaar.

Vir meer inligting rondom Inwoning- en Voedseldienste (IVD) wie verantwoordelik is vir Universiteitskoshuise klik hier .

BETALING VAN DEPOSITO'S 

U kan saam met u aansoekvorm 'n tjek of posorder, uitgemaak aan die Noordwes-Universiteit, stuur vir betaling van beide bogenoemde bedrae.

U kan egter ook 'n direkte bankdeposito of elektroniese inbetaling maak in die Noordwes-Universiteit se bankrekening by ABSA. By ABSA se Rekeningbetalings moet die rekeningnaam “NWU DIVERSE” vanuit die bank se lys van begunstigdes gekies word.Die korrekte bankrekening vir die rekening by ABSA is 670-642-313 met taknommer 632-005.

Die belangrikste egter is u verwysing. Gebruik asseblief die letter A tesame met die voornemende student se ID nommer as verwysing vir ons bankrekening bv. A9002145023081

Navrae kan gerig word aan die personeellid by Bankinbetalings wat die rekening hanteer.

Esther van Heerden
Tel:      +27 (18) 299 2657
Faks:   +27 (18) 293 5368
E-pos: 
esther.vanheerden@nwu.ac.za