NWU Kunsuitstallings: Igshaan Adams & DoYouKnowThese #5WOMENARTISTS?

NWU Gebeurtenisse

Gebeurtenistitel: 
NWU-kunsuitstallings: Igshaan Adams & DoYouKnowThese #5WOMENARTISTS?
Datum: 
Donderdag, 1 Augustus 2019 to Vrydag, 30 Augustus 2019
Tyd: 
9:30 to 16:00
Plek: 
NWU Hoofgalery Kunsuitstalling (Gebou E7) & Botaniese Tuingalerie, Potchefstroomkampus
Beskrywing: 

NWU-hoofgalery Kunsuitstalling: Igshaan Adams - When Dust Settles

Die NWU-galery bied met trots aan: die Standard Bank Jong Kunstenaar van 2018, Igshaan Adams. Adams se werk bestaan uit verskillende materiale wat met mekaar verweef is. Hy werk met Moslemnarratiewe en verwysings na sy grootworddae in ʼn middelklasgesin, en baie van die vloerviniel waarvan hy gebruik maak, is daar vir nostalgiese redes.

Almal wat die uitstalling besoek, was al in ʼn huis gewees waar hierdie patrone voorkom. Die belaging van verskillende teksture en patrone verwys ook na Adams se verkenning van sy identiteit en die persoonlike konflik tussen sy godsdiens, Islam, en sy seksualiteit (Gibson 2018).

 


NWU Botaniese Tuingalerie Kunsuitstalling: DoYouKnowThese #5WOMENARTISTS?

Sedert 2016 vra die Nasionale Museum van Vroue in die Kunste (NMVK) die vraag op sosiale media tydens Vrouegeskiedenismaand (elke jaar in Maart) deur gebruik te maak van die hutsmerk #5WomenArtists. Die veldtog vestig die aandag op die feit dat vroue nie gelyk behandel word in die kunswêreld nie, en dat hul werke nog steeds dramaties onderverteenwoordig is in museums, galerye, en afslaerhuise.

Deelnemende vrouekunstenaars: Asemahle Ntlonti, Bulumko Mbete, Lebapalo Tsiki, Lebogang Motaung en Tebogo Maise.

Kontakbesonderhede: 

Mart Gey van Pittius / (018) 299 4341