
KONVOKASIE
Oor ons
Die Konvokasie bestaan uit oudstudente (alumni) wat ’n graad of diploma aan die NWU of sy voorgangers verwerf het, asook alle huidige lede van die Universiteit se permanente personeel. Lidmaatskap word slegs verkry deur middel van ‘n formele aansoek en eenmalige betaling van lidmaatskapgelde vir lewenslange lidmaatskap. Dit is ’n statutêre liggaam van die NWU, wat beteken dat dit in die Universiteit se statuut as deel van die formele bestuursraamwerk erken word. Die doel van die Konvokasie is om die welsyn van die NWU te bevorder deur sy beeld, tradisies en belange te beskerm en as brug tussen die lede van die konvokasie en die Universiteit te dien. Die Konvokasie word verteenwoordig op die Universiteitsraad, wat die NWU beheer en werk ook nou saam met ander strukture soos die Alumni-vereniging, wat die interaksie tussen die Universiteit en sy alumni bevorder.
Klik asseblief hier om die artikel van die NWU se Statuut te lees wat na die Konvokasie verwys (sien bladsy 25-27).


