Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Witrandhospitaal en NWU onderteken memorandum van verstandhouding

Die Skool vir Psigososiale Gedragswetenskappe op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs ʼn formele memorandum van verstandhouding (MVV) met die Witrandhospitaal in Potchefstroom onderteken vir die plasing van kliniesesielkundestudente ter verbetering van hul leerervaring.

Volgens me Naledi Mocwaledi-Senyane, Witrand se Hoof Uitvoerende Beampte, sal die ondertekening van die MVV ook ʼn nuwe samewerkingsgeleentheid daarstel vir die nagraadse professionele programme in Kliniese Sielkunde wat deur die Skool aangebied word.

Ter voldoening aan die statutêre bepalings van die Wet op Gesondheidsberoepe (Wet 56 van 1974), moet studente wat by ʼn sielkundedepartement of geakkrediteerde instansie vir sielkundestudies ingeskryf is vir ʼn vasgestelde tydperk kliniese opleiding ondergaan in ʼn kliniese fasiliteit wat by die Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika (GBRSA) geakkrediteer is.

“Hierdie ooreenkoms gaan beide partye bemagtig en bevoordeel,” sê dr Doret Kirsten, Programbestuurder vir die meestersgraad in Kliniese en Beradingsielkunde. Volgens dr Doret gaan die kliniesesielkundestudente baat by die beskikbaarheid van kennis en gevallestudies, terwyl die hospitaal gaan voordeel trek uit die gemeenskapsdiens. “Die ooreenkoms verseker dat ons studente meer eerstehandse en diepgaande ervaring gaan opdoen as ooit tevore.”

Die ooreenkoms is onderteken deur me Naledi Mocwaledi-Senyane, Hoof Uitvoerende Beampte, Witrand, dr Theuns Oosthuizen, kliniese bestuurder, Witrand, dr Coert Mommsen, hoofsielkundige, Witrand, prof Marlene Viljoen, Dekaan: Fakulteit Gesondheidswetenskappe, NWU, prof Michael Temane, Direkteur: Skool vir Psigososiale Gedragswetenskappe, NWU en dr Alida Nienaber, Voorsitter vir Sielkunde, NWU.

Die memorandum van verstandhouding tussen die Witrandhospitaal en die NWU sal verseker dat kliniesesielkundestudente meer ervaring opdoen.
Agter van links na regs is: Dr Tumi Khumalo (Waarnemende Hoof van die Instituut vir Psigoterapie en Berading, NWU), dr Coert Mommsen (hoofsielkundige, Witrand), me Annetjie de Bruin (Verplegingsbestuurder, Witrand), me Portia Tlou (Adjunkdirekteur: Korporatiewe Dienste, Witrand), mnr Gibson Motlhabane (gemeenskapsintern), dr Doret Kirsten (Programbestuurder: Meestersgraad in Kliniese en Beradingsielkunde), me Refiloe Mokwepa (persoonlike assistent van HUB, Witrand), dr Alida Nienaber (Voorsitter: Sielkunde, NWU).

 


Voor van links na regs is: Me Naledi Mocwaledi-Senyane (Hoof Uitvoerende Beampte, Witrand), dr Theuns Oosthuizen (kliniese bestu