Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT VAN HANDEL EN ADMINISTRASIE
Nagraadse Skool vir Owerheid en Leierskap

Verwelkoming deur die Direkteur

Welkom by die Nagraadse Skool vir Sake en Regeringsleierskap. Die Nagraadse Skool het ’n prestasierekord ten opsigte van die voorsiening van bestuursonderrig en opleiding aan die besigheid en openbare sektor opgebou. Ons word deur die toenemende behoefte aan sake en openbare leierskap genspireer – nou meer as ooit. Ons programme ontwikkel die hoogste vlakke van leierskap vir hierdie sektore, gee aan ons studente die vaardighede wat hulle nodig het om ’n positiewe invloed op mense, organisasies, die gemeenskap en die natuurlike omgewing uit te oefen in hulle strewe om ’n beter toekoms te bou.

Die Nagraadse Skool bied jou baie geleenthede om jou leierskap en bestuursvaardighede te ontwikkel, jou navorsingsvaardighede te verbeter en jou persoonlike en professionele doelwitte te bereik. Namate jy dus ons webwerfbladsye deursoek, sal jy meer oor ons Nagraadse Diploma in Bestuur (NgDip), Magisters in Besigheidsadministrasie (MBA’s), Philosophiae Doctor (PhD) en ook ons kort sertifikaatprogramme te wete kom.

Ons sien daarna uit om jou as ’n student, navorser, personeellid, besoekende professor of sake /openbare leier te verwelkom.