Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT VAN HANDEL EN ADMINISTRASIE
Oor Ons

Dekaan se verwelkoming

Die Fakulteit bied ’n wye verskeidenheid programme, beide op voorgraadse en nagraadse vlak om sakeleiers te ontwikkel wat waarde tot die Suid-Afrikaanse en wreldekonomie met betrekking tot die openbare n privaat sektor sal toevoeg.

Die Fakulteit se uitstekende mensehulpbronne en fisiese infrastruktuur stel ons in staat om gehalte-onderwys en –opleiding aan ons studente te bied in ons strewe om leiers op te lewer wat ’n verskil in die wreld maak.

Dit is die Fakulteit se strewe om puik klantediens aan ons studente te lewer ten einde hulle leerervaring en reis na graadverwerwing te verbeter.

Die Fakulteit sien daarna uit om nuwe studente te verwelkom en ons strewe na uitnemendheid in die voorsiening van relevante programme voort te sit sodat daar aan die behoeftes van die bedryf en die sakewreld voldoen kan word.

Baie dankie dat jy ons webwerf besoek en moet asseblief nie huiwer om ons te kontak as jy meer inligting wil h nie.

Prof. Sonia Swanepoel
Uitvoerende Dekaan
Fakulteit vir Handel en Administrasie