Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Wag-'n-Bietjie Dameskoshuis

Oor ons

“Wag-‘n-Bietjie is ons koshuisnaam aan die P.U.K. verbonde.

Ons dames woon hier almal saam in eensgesindheid ongeskonde.”

Wag-‘n-Bietjie is een van 11 dameskoshuise op die PUK kampus van die Noord-Wes Universiteit en het haar deure geopen in Februarie 1974. Ons naam is afgelei van die Wag-‘n-Bietjie boom en is voorgestel deur van die eerste inwoners.

Ons eerste huisvader was Prof. Jannie Schutte en daarna Prof Theuns Eloff, wat nou ook vise-kanselier van die PUK-Kampus is. Adv. Piet Myburg was die opvolg huisvader en tans is Mnr. Danie Hefer ons huisvader.

 Ons inwoningsbeampte is Tannie Rijana Swart en ons huidige primaria is Ansie Kriel.

Wag-‘n-Bietjie het twee bloke en 6 gange, hulle is:

                                    Ugrond/U1        Cinema Pardiso

                                    U2/U3               Arabian Avenue

                                    U4/U5               The Heights

                                    Sgrond/S1         Vice Versa

                                    S2/S3                Broadway

                                    S4/S5                Sarasola

Wag-‘n-Bietjie  -  Dis ‘n kwessie van styl…

Feite oor Wag-‘n-Bietjie Dameskoshuis:

  1. Tydens O&B dra die eerstejaars van Wag-‘n-Bietjie duimhoedens wat simboliseer dat hul nie wil duimry huis toe nie.
  1. Wag-‘n-Bietjie dames staan bekend as die trouvrouens op kampus en daar word ook geen skei-aksies met hul sleep koshuis gehou nie.
  1. Die skilpad embleem van Wag-‘n-Bietjie simboliseer omgee, verstandhouding en langdurige vriendskap.