Printer-friendly version
Druk
Share this
 

VDK -  Verteenwoordigende Kampusstudenteraad

Diens

Die VKSR:

  • verteenwoordig die volle studentebevolking op Kampus,
  • aanvaar die visie, missie en strategiese plan van die Noordwes-Universiteit,
  • handhaaf die waardes van die Noordwes-studente, naamlik integriteit, toewyding, verantwoordbaarheid en respek,
  • dien die studente se belange wat met die visie en missie van die Universiteit strook en wat niemand wat ’n kampusstudent en ’n lid van bestuur is sal krenk nie,
  • tree op as bemiddelaar tussen bestuur en studente,
  • tree op as die spreekbuis van die studente van die Noordwes-Universiteit Vaaldriehoekkampus,
  • verdedig die goeie naam van die Universiteit, en
  • beskerm die beeld van die Universiteit.