Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Vaaldriehoekkampus - Studente-ontwikkeling 

Oor ons

Studente-ontwikkeling het vier personeellede: ’n professionele geregistreerde verpleegkundige, twee geregistreerde sielkundiges en ’n sekretaresse.

By die Primêregesondheidsorgkliniek in Gebou 25, lewer die geregistreerde verpleegkundige primêregesondheidsorgdienste, insluitend aandag aan minder ernstige kwale, reproduktiewe gesondheidskwessies, MIV/vigsberading en toetsing, verwysings na ander gesondheidsdiensverskaffers indien en wanneer nodig, ens.

Die Loopbaansentrum help studente om hulle CV’s op te stel, bring studente in aanraking met voornemende werkgewers, help met loopbaanaansoeke, berei studente vir onderhoude voor, reël loopbaanskoue en werkgeweraanbiedings op kampus, ens.

As sielkundiges is ons goed toegerus om studente met die aanpassing by die kampuslewe, ontwikkelingsprobleme, persoonlike ontwikkeling, persoonlike probleme, verhoudingsprobleme, middelmisbruik, ens. by te staan. Ons is ook aan die begin van elke akademiese jaar nou betrokke by die Verwelkomingsprogram vir Eerstejaarstudente om seker te maak dat geen eerstejaar rede het om verlore te voel nie. Hierbenewens is ons ook betrokke by leierskapontwikkeling, en ons werk saam met die verkose studenteleiers van die Kampus.