
FAKULTEIT VAN HANDEL EN ADMINISTRASIE
Oor Ons
Visie en Missie
Visie
Die Fakulteit Handel en Administrasie se visie is om ons studente te ontwikkel om sakeleiers te word wat danksy uitmuntende onderrig, relevante navorsing en die oordrag van kundigheid ’n bydrae tot beide die plaaslike en die wreldekonomie sal lewer.
Missie
Die Fakulteit het ten doel om:
-
sy studente deur professionele opleiding en fasilitering te bemagtig sodat hulle waarde tot hulle toekomstige organisasies en ondernemings kan toevoeg;
-
goed afgeronde studente te ontwikkel en te laat groei sodat hulle verantwoordelike etiese burgers ten opsigte van die omgewing en maatskaplike verantwoordelikhede word;
-
deur middel van navorsingsuitset ’n bydrae tot die kennistotaliteit en sodoende tot die deurlopende ontwikkeling van die onderskeie studierigtings binne die Fakulteit te maak; en
-
kundige kennis en vaardighede oor te dra om waarde tot die brer gemeenskap toe te voeg.


