VDK Tegniese Dienste - Oor Ons

Die Departement Tegniese Dienste is die enjinkamer van die kampus. Dit is verantwoordelik vir die uitstekende, kostedoeltreffende instandhouding van die geboue en terrein van die Vanderbijlparkkampus van die NWU en die afkampusgeriewe van die Universiteit, asook om voorkomende instandhouding te doen.

Die doelwitte van Tegniese Dienste is om te:

- Verseker dat die fisiese infrastruktuur op ’n bevredigende vlak gehouword deur ondersteuning en raad te gee in ons daaglikse, voorkomende en noodinstandhouding.
- Verseker dat die kampusgeriewe optimaal benut word deur ’n bestuursprogram en data oor die geriewe met behulp van gerekenariseerde tekeninge en ’n databasis op datum te hou.