VDK Sport - Oor ons

Vaaldriehoekkampus - Sport

 

Oor ons

 

Die NWU-Vaal Sportkantoor bied dienste aan huidige studente, personeel en lede van die gemeenskap. Ons verskaf ondersteuning vir die vorming van nuwe klubs en met die uitbreiding van bestaande klubs se bedrywighede. Die Vaaldriehoek is gasheer vir ’n baie goed georganiseerde sportstruktuur. Die NWU-Vaal neem aan verskeie ligas in die Vaal, Gauteng en Noordwes deel. Die maatstaf vir universiteitsport in Suid-Afrika is die jaarlikse kompetisies van die USSA (Universiteitsport Suid-Afrika).

Ons strewe daarna om kwaliteit  en mededingende spanne in alle vorme van sport te lewer, wat aan liga  en USSA-kompetisies kan deelneem. Die deurlopende ontwikkeling van infrastruktuur en sportkodes is een van die departement se hoogste prioriteite. Ons, as die sportdepartement, glo aan ’n gebalanseerde en gesonde studentelewe.

Ons fasiliteite sluit ’n gimnasium, drie sokker  en rugbyvelde, drie krieketvelde, ’n binnemuurse krieketfasiliteit, en twee hokkievelde in.