VDK Quest Konferensielandgoed - Oor Ons

Vaaldriehoekkampus - Quest Konferensielandgoed

Oor Ons

Quest Konferensielandgoed is u eenstop-, ten volle toegeruste opleidings- en funksiegerief. Ons kan in enige van u korporatiewe of persoonlike behoeftes voorsien met ons drie groot ouditoriums, vyf banketsale, 16 konferensiekamers, ’n raadsaal en sitkamers. Ons geriewe is ideaal vir konferensies van tot 800 afgevaardigdes, opleiding, seminare, sakevergaderings, troues en ander funksies. Stylvolle verblyf is ook beskikbaar. Ons is trots daarop dat ons die ekstra myl vir ons kliënte loop. Ons lewer nommerpasdienste om aan u behoeftes te voldoen, terwyl ons buitengewone gehalte teen bekostigbare pryse bied. Quest is trots daarop om by die Noordwes-Universiteit Vaaldriehoekkampus (NWU Vaal) geaffilieer te wees.