Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Vaaldriehoekkampus - Oewerspens

 Oor ons

Oewerspens voorsien in die behoeftes van die Universiteitsgemeenskap ten opsigte van kitskos, versnaperinge en voedsel vir enige geleentheid.

Oewerspens lewer ’n omvattende spysenieringsdiens vir Noordwes-Universiteit en aan buite-instansies/ persone vir bepaalde geleenthede soos huwelike.

Kiosks vir die voorsiening van lekkers, koeldrank en kitskos is op strategiese plekke. Voorsiening word op klein skaal gemaak vir noodsaaklikhede soos brood, melk, ens. vir koshuisstudente.

Bouwerk is tans aan die gang vir ’n nuwe studentesentrum wat ook ’n beter kafeteria insluit. Die bestaande kiosk in Gebou 6 gaan daarna in ’n eetplekkie vir personeel omskep word.

Die bestuurder van Oewerspens is ook vir die wildbestuur op die Kampus verantwoordelik.